Skip to the content

6-Bed, See aansig, opgegradeer, braai en balkon

Maksimum ses persone. See-aansig-woonstelle met twee vertrekke,  asook ’n balkon met ’n ingeboude braai. Hoof slaapkamer het ‘n dubbel bed.  Die aparte kamer het eet-en slaapvertrek met familie stapelbed (Dubbel-bed onder, enkel-bed bo en uittrek bed onder). Hierdie woonstelle het ’n stort. Lugverkoeling.

6-Bed, See Aansig met braai en balkon

Maksimum ses persone. See-aansig-woonstelle met twee vertrekke, asook ’n balkon met ’n ingeboude braai, ekstra tafel en plastiekstoele. Die aparte kamer het eet-en slaapvertrek met een stapelbed en ‘n dagbed. Hierdie woonstelle het ’n bad, stort, toilet en handewasbak in die badkamer.

6-Bed, See Aansig

Maksimum ses persone. Woonstelle op die eerste, derde en vierde verdieping met ’n see-aansig en twee vertrekke. Die aparte kamer het ’n dubbelbed. Die tweede vertrek dien as ’n kombuis-, eet- en slaapvertrek met twee stapelbeddens. Die badkamer het ’n bad en stort.

SESBEDWOONSTELLE OP GRONDVLAK, NIE-SEE-AANSIG (6WGO)

Maksimum ses persone. Woonstelle op die grondvloer sonder ’n see-aansig met twee vertrekke. Die aparte kamer het ’n dubbelbed. Die tweede vertrek dien as ’n kombuis-, eet- en slaapvertrek. Die badkamer het ’n bad en stort. Daar is ’n ekstra stoepie na buite by die swembad met ’n piekniekbank.

SESBEDWOONSTELLE OP GRONDVLAK, NIE-SEE-AANSIG, ROLSTOELVRIENDELIK (6WGO)

Woonstelle op die grondvloer sonder ’n see-aansig met twee vertrekke. Die aparte kamer het 'n dubbelbed. Die tweede vertrek dien as ’n kombuis-, eet- en slaapvertrek met een stapelbed en ‘n dagbed. Die badkamer het ’n bad en stort. Daar is ’n ekstra stoepie na buite by die swembad met ’n piekniekbank. Vier van hierdie woonstelle is rolstoelvriendelik met ’n stort en geen bad nie.