Skip to the content
Dubbel klik vir vol skerm

CAMPVIEW

Oorweeg jy dit om ATKV-Natalia te besoek?
Wonder jy hoe dit hier by ons lyk?
Nou het jy die geleentheid om die oord uit die gemak van jou eie huis te ervaar met Campview se 360 virtuele toer. Loer gerus hier om te sien hoe jou eenheid of staanplek lyk en wat die oord het om te bied. Hierdie virtuele toer maak jou vakansiebeplanning selfs nog makliker.

ATKV-Natalia Kits Koswerf Restaurant

Elke gesinslid sal verseker ’n gunsteling by Koswerf hê! Ons restourant het ’n rustige vakansiegevoel – net reg om tyd saam met vriende en familie te spandeer. Maak seker jy probeer ons stiekie hoendervlerkies, koekel-doedel-doe-pizza of, as jy ’n suikertand het, ons granadilla-kaaskoek – lekker!

ATKV-Natalia Ses-bed-see-aansigwoonstel - B Blok

Word wakker met ’n uitsig oor die see in een van hierdie gemaklike woonstelle. Die ses-bed-see-aansigwoonstelle is ten volle toegerus en sommige spog selfs met ’n balkon en braaigeriewe. Die woonstelle ook het televisiestelle wat aan DStv gekoppel is vir jou vermaak.

ATKV-Natalia Vier-bed-niesee-aansigwoonstel - A Blok

Die Vier-bed-niesee-aansigwoonstelle bied ruim en gemaklike akkommodasie vir vier mense. Hierdie selfsorgeenhede het ten volle toegeruste kombuise, óf ’n bad óf ’n stort in die badkamer, asook televisies in die leefareas wat aan DStv gekoppel is.