WELKOM BY ATKV-Natalia
’n Tropiese Paradys aan die suidkus
Akkommodasie
Geleë langs die pragtige KwaZulu-Natalse kuslyn, bied hierdie oord ’n semi-private strand. Of jy nou wil ontspan met die sagte geruis van die see in die agtergrond, of kosbare herinneringe saam met jou geliefdes wil skep – ATKV-Natalia is die plek waar elke oomblik spesiaal voel.

Akkommodasie
ATKV-Natalia bied ’n verskeidenheid selfsorgwoonstelle en kampeerterreine wat voorsienning maak vir verskillende gesinsgroottes en -behoeftes.

Fasiliteite
Die oord beskik oor ’n Koswerf-restaurant, winkel, ’n gemeenskaplike lapa-area en braaifasiliteite vir jou gerief.

Vermaak
Gaste kan onder meer die strand, ’n warm swembad, ’n waterglybaan, minigholf en ’n vlugbalbaan geniet. Daar is ook verskeie doendinge in die omgewing, soos katamaranvaarte en dolfynkyk.

