Skip to the content

3-bedwoonstelle, nie see-aansig nie (nie opgegradeer nie) 3WN

Maksimum drie persone. Die woonstel het nie ’n see-aansig nie. Daar is ’n aparte kamer met ’n dubbelbed en ’n slaapbank in die leefarea. Die badkamer het ’n bad en stort.

3-bedwoonstelle, nie see-aansig nie (opgegradeer) 3WNO

Opgegradeerde 3-bedwoonstelle met dieselfde uitleg as die 3WN, maar die badkamer het net ’n stort en geen bad nie.

3-bedwoonstelle, see-aansig 3WSS

Maksimum drie persone. See-aansig-woonstelle met ’n kamer en dubbelbed. Die tweede vertrek dien as ’n kombuis-, eet- en slaapvertrek met ’n enkelbed. Hierdie woonstelle het ’n badkamer met ’n stort oor die bad, ’n toilet en ’n handewasbak .

3-bedwoonstelle, nie see-aansig nie, balkon (nie opgegradeer nie) 3WNB

Die woonstel het dieselfde uitleg as die 3WN, maar die 3-bedwoonstel het ’n balkon sonder braaifasiliteite.

ATKV Natalia

35 Elizabeth Ave 
Illovo Beach 
Kingsburgh
 
4126

Tel.  +27 31 916 4545

Faks. +27 31 916 2212

E-pos. natalia@atkv.org.za

BLY OP HOOGTE

Volg ons op Facebook om op hoogte te bly met die nuutste gebeure.