Skip to the content

5-bedwoonstelle, nie see-aansig nie (opgegradeer) 5WNNO

Die woonstelle se uitleg is dieselfde as die 5WNN, maar die badkamer het ’n stort en geen bad nie.

5-bedwoonstelle, nie see-aansig nie 5WNN

Maksimum vyf persone. Die woonstel het twee vertrekke. Die aparte kamer het ’n dubbelbed. Die tweede vertrek dien as ’n kombuis-, eet- en slaapvertrek met een stapelbed en ’n enkel sit-/slaapbank. Die linne vir die slaapbank is in die ingeboude kas. Hierdie woonstel het ’n bad, stort, toilet en handewasbak in die badkamer.

5-bedwoonstelle, nie see-aansig nie, met balkon

Die woonstelle se uitleg is dieselfde as die 5WNN, maar die 5-bedwoonstel het ’n balkon sonder braaifasiliteite.

5-bedwoonstelle, nie see-aansig nie, twee slaapkamers (nie opgegradeer nie) 5W2N

Maksimum vyf persone. Die woonstel het twee aparte slaapkamers. Een kamer het ’n dubbelbed en die ander kamer het twee enkelbeddens. Daar is een slaapbank in die leefarea. Hierdie woonstelle het ’n bad, stort, toilet en handewasbak in die badkamer.

5-bedwoonstelle, nie see-aansig nie, twee slaapkamers, balkon 5W2NB

Hierdie woonstel het dieselfde uitleg as die 5W2N. Daar is ’n balkon sonder braaifasiliteite.

5-BEDWOONSTELLE, NIE SEE-AANSIG NIE, TWEE SLAAPKAMERS (OPGEGRADEER) 5W2NO

Hierdie opgegradeerde woonstelle met twee slaapkamers het dieselfde uitleg as die 5W2N, maar die badkamer het ’n stort en geen bad nie.