WELKOM BY ATKV-Natalia

'n Tropiese Paradys

Akkommodasie

ATKV-Natalia bied 'n keuse van ruim, gesellige selfsorgwoonstelle in verskeie groottes en 'n boomryke woonwapark met spogfasiliteite.

Fasiliteite

Die oord beskik oor 'n KitsKoswerf-restaurant, geriefswinkel, 'n gemeenskaplike lapa-area en braaifasiliteite.

Vermaak

Gaste kan gebruik maak van swembaddens, 'n waterglybaan, minigholf, vlugbalbane en direkte toegang tot die strand. Daar is ook verskeie doendinge in die omgewing, soos katamaranvaarte en dolfynkyk.