Vyfbed-woonstel
![]() |
43 m2 |
![]() |
Slaap 5 (maksimum 5 volwassenes) |
![]() |
2 slaapkamers |
![]() |
1 badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Die tweeslaapkamereenheid beskik oor ’n hoofslaapkamer met ’n dubbelbed en ’n tweede slaapkamer met twee enkelbeddens. Die leefarea het ’n enkelslaapbank.
Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Die eenheid beskik nie oor ’n see-uitsig nie en is geskik vir ’n maksimum van vyf persone.
Neem asseblief kennis dat hierdie eenheid nie oor lugversorging beskik nie.
Badhanddoeke word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Gemeenskaplike braai-area by swembad |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir een voertuig |





