Vierbed-woonstel

42 m2

Slaap 4 (maksimum 4 volwassenes)

1 slaapkamer

1 badkamer

Selfsorg


Die eenslaapkamereenheid beskik oor ’n slaapkamer met ’n dubbelbed. Die oopplan-leefarea sluit ’n kombuis en eetkamer in, asook ’n addisionele slaaparea met twee enkelbeddens.

Die badkamer het ’n stort. Die eenheid beskik nie oor ’n see-uitsig nie en is geskik vir ’n maksimum van vier persone.

Neem asseblief kennis dat hierdie eenheid nie oor lugversorging beskik nie.

Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

TV

Beperkte DStv

Gemeenskaplike braai-area by swembad

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig