Vierbed-woonstel
![]() |
41 m2 |
![]() |
Slaap 4 (maksimum 4 volwassenes) |
![]() |
1 slaapkamer |
![]() |
1 badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Die eenslaapkamereenheid is aan die seefront geleë en beskik oor ’n slaapkamer met ’n dubbelbed. Die oopplan-leefarea sluit ’n kombuis en eetkamer in, asook ’n addisionele slaaparea met ’n enkelstapelbed.
Die badkamer het ’n bad, stort, wasbak en toilet. Die eenheid is geskik vir ’n maksimum van vier persone.
Neem asseblief kennis dat hierdie eenheid nie oor lugversorging beskik nie.
Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Gemeenskaplike braai-area by swembad |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir een voertuig |





