Sesbed-woonstel (rolstoelvriendelik)

47 m2

Slaap 6 (maksimum 6 volwassenes)

1 slaapkamer

1 badkamer

Selfsorg


Die eenslaapkamereenheid is op die grondvloer geleë en beskik nie oor ’n see-uitsig nie. Die slaapkamer het ’n dubbelbed. Die oopplan-leefarea sluit ’n kombuis en eetkamer in, asook ’n slaaparea met ’n stapelbed en ’n dubbeldagbed.

Die badkamer het ’n rolstoelvriendelike stort. Daar is geen bad in hierdie eenheid nie. ’n Patio is buite beskikbaar. Die eenheid is geskik vir ’n maksimum van ses persone.

Neem asseblief kennis dat hierdie eenheid nie oor lugversorging beskik nie.

Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Patio

Gemeenskaplike braai-area by swembad

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig

Rolstoelvriendelik