Sesbed-woonstel

47 m2

Slaap 6 (maksimum 6 volwassenes)

1 slaapkamer

1 badkamer

Selfsorg


Die eenslaapkamereenheid is aan die seefront geleë. Die slaapkamer het ’n dubbelbed. Die oopplan-leefarea sluit ’n kombuis en eetkamer in, asook ’n slaaparea.

Die slaapgeriewe in die leefarea verskil per eenheid. Sommige eenhede het twee enkelstapelbeddens, terwyl ander een stapelbed en ’n dubbeldagbed het. 

Die badkamer beskik oor ’n bad, stort, wasbak en toilet. Die eenheid is geskik vir ’n maksimum van ses persone.

Neem asseblief kennis dat hierdie eenheid nie oor lugversorging beskik nie.

Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

TV

Beperkte DStv

Gemeenskaplike braai-area by swembad

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig