6-slaper woonstel - Opgegradeer
![]() |
47m2 |
![]() |
Slaap 6 (Maksimum 6 Volwassenes) |
![]() |
1 Slaapkamer |
![]() |
1 Badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Opgegradeerde seefront 1-slaapkamer woonstel. Koninginbed en lugversorging in hoofslaapkamer. Oopplan-leefarea: Kombuis, eetkamer en slaaparea. Slaaparea bestaan uit ‘n gesinsstapelbed met dubbelbed en enkelbed bo-op, plus ‘n enkel rolbed onder dit. 1 badkamer met stort. Balkon en ingeboude braai. Lugversorging.
Badhandoeke word voorsien. Bring eie swemhandoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoed-seep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word voorsien in self-sorg eenhede.
Let wel dat die eenhede se dekor binne, buite-uitleg en uitsig vanuit eenhede kan verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
Lugversorging |
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Balkon |
![]() |
Ingeboude braai |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering: 1 voertuig |
![]() |
Gedeeltelike see-uitsig |