4-slaper woonstel (1 slaapkamer met gedeeltelike see-uitsig)

41m2

Slaap 4 (Maksimum 4 Volwassenes)

1 Slaapkamer

1 Badkamer

Selfsorg


Seefront 1-slaapkamer woonstel met 'n dubbelbed in slaapkamer. Die eenheid het ook 'n oopplan-leefarea wat as kombuis, eetkamer en addisionele slaapplek (enkelstapelbed) dien. Badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Maksimum 4 mense. 

Neem asseblief kennis dat hierdie eenheid geen lugversorging het nie.

Badhandoeke word voorsien. Bring eie swemhandoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoed-seep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word voorsien in self-sorg eenhede.

Let wel dat die eenhede se dekor binne, buite-uitleg en uitsig vanuit eenhede kan verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

TV

Beperkte DStv

Gemeenskaplike braai area by swembad

Ten volle toegruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gedeeltelike see-uitsig

Gratis parkering: 1 voertuig