3-slaper woonstel (1 slaapkamer, stort en balkon)
|  | 35m2 | 
|  | Slaap 3 (Maksimum 3 Volwassenes) | 
|  | 1 Slaapkamer | 
|  | 1 Badkamer | 
|  | Selfsorg | 
1-slaapkamerwoonstel met 'n dubbelbed in slaapkamer. Oopplan-leefarea wat dien as kombuis, eetkamer en addisionele slaapplek (enkelslaapbank). Badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Balkon, geen braai. Geen see-uitsig nie. Maksimum 3 mense.
Neem asseblief kennis dat hierdie eenheid geen lugversorging het nie.
Badhandoeke word voorsien. Bring eie swemhandoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoed-seep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word voorsien in self-sorg eenhede.
Let wel dat die eenhede se dekor binne, buite-uitleg en uitsig vanuit eenhede kan verskil.
Eenheidgeriewe
|  | TV | 
|  | Beperkte DStv | 
|  | Gemeenskaplike braai area by swembad | 
|  | Ten volle toegruste kombuis | 
|  | Balkon | 
|  | Gratis WiFi | 
|  | Gratis parkering: 1 voertuig | 
